Description
Parkeer veilig of Uber tot by jou naaste optel-punt en ry veilig na Paddanag 2024
Kaartjie is vir een (1) persoon se retoer vervoer vanaf die bespreekte optel-punt om 17h00 na Paddanag en terug om 21h30, asook die ingang by Paddanag.
ADDISIONELE INLIGTING
- Kaartjies is nie kanselleerbaar, terugbetaalbaar of oordraagbaar na ‘n ander datum nie!
- Praatjie is in AFRIKAANS en is kindervriendelik.
- Geen plakkies, jagters moet Wellingtons of Waterskoene dra.
- Koplamp is nodig vir paddavang.
- Houer om jou vangs te hou en te inspekteer.
- Bring kampstoele en Piekniekmandjie, kontantsnoepie beskikbaar.
- Kinders kan nie net afgelaai word nie, ouers moet kinders vergesel. Ouers is ten alle tye verantwoordelik vir hul kinders se veiligheid en die organiseerder, Krokodilspruit of Busbook.co.za aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige besoeker se veiligheid nie.
- Reën kanselleer nie Paddanag nie, Dit gaan voort selfs as dit reën, indien daar swaer donderweer is sal ons wag dat dit oortrek en dan voortgaan.
- Busse vertrek stiptelik op tyd.
- Vrywaringsvorms moet ingevul word vir elke gas, om toegang te kry to krokodilspruit.
OPTELPUNTE & TYE
Kolonnade Sentrum (KFC Parkering): 17h00
Menlyn Malll (Bus Terminaal): 17h00





